Mosiehof: 23 eiendomme met N$35m se skuld

Die mosiehofrol was redelik klein vanoggend met 90 aansoeke vir verstekvonnisse waarvan 13 reël 108 aansoeke was. Banke het 47 van die aansoeke voor regters George Coleman en Boas Usiku gebring. Die banke eis 35 miljoen Namibiese dollar op 23 eiendomme sowel as vier voertuie wat terugbesorg moet word. Daar is ook 20 lenings ter waarde van 9.4 miljoen dollar wat nou betaalbaar is. In Maandag se sessie kom 50 onverdedigde egskeidings voor regter Shafimana Ueitele voor.