Moenie besonderhede oor die telefoon gee nie

Slenters kom steeds voor en in die jongste geval word lede van die publiek geskakel en gevra om sekere besonderhede oor die telefoon deur te gee. Luisteraars het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en meen die slenters raak al hoe meer gesofistikeerd en name van personeel wat by kliënte dienste werk, word ook deur die bedrieërs gebruik. Jacquiline Pack, Bank Windhoek se uitvoerende beampte van korporatiewe kommunikasie sê banke sal nooit besonderhede per telefoon aanvra nie…