Wes-Kaapse inentings vorder

Meer as 110 000 inwoners van die Wes-Kaap is tot dusver in albei inentingsfases ingeënt. Sentrums is ook in al die distrikte van die Wes-Kaap ingerig. Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, het dit as goeie vordering beskryf. Hy het gister ‘n sentrum in Heideveld in Kaapstad besoek waar tussen 200 en 300 inwoners daagliks hulle inspuitings ontvang. Winde sê die sentrum was eers op ‘n nabygeleë sportveld, maar is sedertdien na ‘n kerk verskuif om beter beskerming vir bejaardes en verswaktes tydens die kouer maande te verseker: