Mmusi sê blou ligte het intimiderend geword

Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê blou ligte het intimiderend geword vir gewone Suid-Afrikaners. Dit volg ná ‘n voorval in Johannesburg, waar adjunkpresident Paul Mashatile se BBP-beskermingseenheid na bewering Maandag rekrute van die Suid-Afrikaanse Weermag aangerand het. Maimane sê sy beweging verwelkom die skorsing van die beamptes en hy het ook sy steun uitgespreek dat hulle verantwoordelik gehou word vir hul optrede.