Mis jy jou gunsteling doppie? Daar’s tekorte aan glas

‘n Ernstige tekort aan glas skep ‘n probleem vir drankvervaardigers in Suid-Afrika. Die tekort word toegeskryf aan beperkings in die voorsieningsketting wat veroorsaak dat bier en ander reeds gemengde drankies nie by drankwinkels afgelewer kan word nie. Die probleem word vererger deur ‘n gebrek aan aluminium wat gebruik word in die vervaardiging van blikkies en proppe. Media berig die glastekort het reeds verlede jaar begin toe vervaardigers hulle oonde moes afskakel tydens die streng inperking en verbod op alkoholverkope.