Onderwys betaal miljoene na vraestelle uitlek

Graad 11-leerders skryf op die oomblik eksamens nadat vraestelle verlede jaar uitgelek het. Volgens plaaslike media het net die plaaslike binnelandse vervoer van die vraestelle vir die tien vakke wat in Brittanje oorgedruk moes word, die onderwysministerie 8 miljoen Namibiese dollar gekos. Die druk van die vraestelle het ‘n verdere 2,5 miljoen dollar gekos en om die vraestelle vanuit Brittanje na Namibië te vervoer het 3,6 miljoen dollar gekos. Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Sanet Steenkamp sê hulle het nooit so groot uitdaging en skande in die ministerie hanteer nie. Twee leerders, ‘n Unam-student en ‘n onderwyseres is in die verband reeds aangekla.