Ministerie kry meer as 10 000 regshulp-aansoeke

Meer as 10 000 aansoeke is hierdie jaar deur die justisie ministerie se regshulp direktoraat ontvang van mense wat regsverteenwoordiging gesoek het. Justisie-minister Yvonne Dausab het by die kabinetskommittee inligtingsessie in die hoofstad gesê daar was ongeveer 10 200 aansoeke, waarvan 7 500 toegeken is. Sowat 35 miljoen Namibiese dollar is toegewys vir die toekenning van regshulp aan behoeftige litigante, aangesien toegang tot geregtigheid ‘n belangrike pilaar van ons demokrasie is, het sy bygevoeg. Die ministerie het ook ‘n memorandum van verstandhouding met die Regsvereniging van Namibië onderteken vir samewerking om toegang tot geregtigheid en dienslewering te verbeter.