VN-hoof maan teen Amerika se geweld June 22, 2025

Die sekretaris-generaal van die VN, Antonio Guterres, sê hy is ernstig bekommerd oor die gebruik van geweld deur die Verenigde State teen Iran. Hy het gereageer op ‘n aanval deur Amerikaanse B-2-bomwerpers op drie Iranse kernterreine, insluitend Fordow, Natanz en Isfahan. Guterres het dit bestempel as ‘n gevaarlike geweldstoename in ‘n streek wat ‘n regstreekse bedreiging inhou vir internasionale vrede en veiligheid. Hy sê daar is ‘n groeiende risiko dat hierdie konflik vinnig buite beheer kan raak, met katastrofiese gevolge vir burgerlikes, die streek en die wêreld.