Britse toeris se borgaansoek in San-saak uitgestel June 22, 2025
Die Britse toeris wat na bewering San-kinders by die Grashoek Lewende-museum by Tsumkwe betas en naak afgeneem het, se borgaansoek is Vrydag in die Grootfontein landdroshof uitgestel tot 27 Junie. Die 65-jarige Douglas Robert Brooks staar 38 aanklagte in die gesig, onder meer van verkragting en kinderhandel. Brooks is in Mei gearresteer nadat hy San-kinders na bewering gevra het om hulle klere uit te trek in ruil vir geld en lekkers. Hy het foto’s van die naakte kinders geneem, wat op sy kamera gevind is.