Miljoene vir bloubessie-produksie in Namibië
Namibia Berries beplan om 1,5 miljard Namibiese dollar oor sewe jaar te belê in ‘n bloubessieprojek aan die buitewyke van Divundu naby Rundu. Die plaas van 250 hektaar sal na raming 800 mense in diens neem en tot 7 000 werksgeleenthede skep tydens die oesseisoen. Namibia Berries verwag om sy eerste oes in September volgende jaar uit te voer. Die projek word gelei deur Loxworth Capital, in Kaapstad. Königstein Capital, deur sy beleggingsvoertuig Spitz Capital, verbou tans bloubessies by die Mashare-groenskema. Tot dusver het die maatskappy meer as 100 miljoen dollar belê en beplan om sy belegging in die volgende 10 jaar tot meer as ‘n miljard te verhoog.