Miljoen liter se diesel jaarliks by Transnet gesteel

Die dieseltekort wat tydens verlede jaar se oesseisoen in Suid-Afrika ervaar was, kan regstreeks verbind word met die diefstal van brandstof uit Transnet se pypleidings. Dit is die mening van ‘n woordvoerder van AgriSA, Christo van der Reede. Hy het reageer op ‘n onlangse verslag van Transnet wat onthul meer as 3 miljoen liter brandstof het in die huidige boekjaar weens diefstal verlore gegaan. Hy sê vroeër die maand het Transnet ‘n tonnel en toerusting ontdek wat glo opgerig is om brandstof uit ‘n pyplyn naby Phola in Mpumalanga te tap.