Die twee sussies en die plastiek-bakstene

Die 28-jarige Kekeletso Tsiloane en haar 32-jarige suster, Kedibone, is besig om ‘n opskudding te veroorsaak as vroue in die boubedryf en die groen ekonomie. Nadat hulle bewus geword het van die koste van boumateriaal, het hulle gehoop om ‘n ooreenkoms aan te gaan met ‘n baksteenmaatskappy in die Vrystaat wat deur vroue besit word. Daar was egter nie so ‘n maatskappy nie. Kekeletso sê hulle het sake toe in eie hande geneem en Ramtsilo Vervaardiging en Konstruksie gestig: