Mickelson is verwaand, sê McIlroy

Die wêreld se gewese nommer een, Rory McIlroy, het Phil Mickelson gekritiseer oor sy onlangse opmerkings oor die Super Gholfliga, ‘n splintertoernooi wat deur Saoedi-Arabië ondersteun word. Alan Shipnuck van die Fire Pit Collective het verlede week geskryf oor ‘n telefoongesprek wat hy met Mickelson gevoer het en waarin hy homself beskryf as ‘n belangrike argitek in die Saoedi-liga. Hy het bygevoeg hy hoop die plan sal ‘n invloed hê op toekomstige onderhandelings met die PGA-toernooi. McIlroy sê Mickelson se opmerkings is verwaand: