Losloper Oos-Kaapse leeu gevang

Provinsiale jagters en diereredders het Sondagmiddag ‘n leeu wat Saterdag van ‘n wildplaas in die Oos-Kaap ontsnap het, gevang. Die span redders is deur die Oos-Kaapse Departement van Vervoer gehuur. ‘n Woordvoerder van die departement, Unathi Bingose, sê ‘n motoris het Saterdagaand die leeu langs die N10 tussen Cradock en Middelburg opgemerk en dit dadelik aangemeld. Die Oos-Kaapse Departement van Vervoer het onmiddellik ‘n waarskuwing op sosiale media geplaas dat mense versigtig moet wees totdat die leeu weer veilig in bewaring is.