Merino is hoeka nie meer die swartskaap nie

Swartskape is nie meer die swartskape van ’n kudde nie – trouens, hulle word die nuwe neiging in skaapboerdery. Dit volg nadat ‘n boer in Australië ‘n groot kudde swart Merino’s geteel het. Die Australiese Uitsaaikorporasie berig Sophie Holt sê die vraag na wol van swart merino’s is verstommend en baie groter as die aanbod. Sy en haar man, Tom, bedryf ‘n swart-merinoboerdery van 30 000 skape by die Coonongstasie in Nieu-Suid-Wallis.