Meisies, motorsport en adrenalien kry aandag
Die Namibiese Motorsport-federasie het Girls on Track-ontwikkelingsprogram vir meisies by die Tony Rust-renbaan buite Windhoek aangebied. Altesaam 20 meisies tussen 14 en 18 jaar oud, het deelgeneem. Zakiya Tjongarero was die algehele wenner van die kompetisie. Volgens die voorsitter van die federasie, Bradley Ferreira, dien die program as platform om nuwe jong vroulike talent landwyd vir motorsport te soek. Hy het met Francois Lottering van Kosmos 94.1 Sportnuus gesels…