Meer vee opgeveil in vierde kwartaal 2023, teen laer pryse

Die totale aantal vee wat in die vierde kwartaal van 2023 opgeveil is, het met 7,4 persent tot 82 884 vee toegeneem van 77 140 stuks vee wat in die ooreenstemmende kwartaal van 2022 opgeveil is. Dit is volgens die kwartaallikse landbou statistiese bulletin, wat sê beesveilings het 50 091 koppe beloop, terwyl veilings vir bokke en skape onderskeidelik 24 070 en 8 723 koppe aangetekien het. Die gemiddelde pryse van alle soorte vee het gedaal, in vergelyking met die ooreenstemmende kwartaal van 2022. Beeste het ‘n gemiddelde prys van 28 Namibiese dollar en 76 sent per kilogram behaal, wat ‘n 19,8 persent verlaging verteenwoordig het. Bokke het 31 dollar 76 sent per kilogram aangeteken, ‘n vermindering van 13,6 persent, terwyl skape 30 dollar 59 sent per kilogram behaal het, of ‘n vermindering van 9,1 persent.