Meer geregtigheid vir verkragtingslagoffers in SA

Die Suid-Afrikaanse burgerregte-organisasie, Action Society, het die implementering van wetgewing verwelkom wat die verskaffing van DNS-monsters sal afdwing by oortreders wat in hegtenis geneem word op enige skedule agt-oortreding. ‘n Woordvoerder, Elanie van der Walt, sê dit was nie in die verlede verpligtend nie. Bylae agt oortreders sluit verkragters en moordenaars in. Die proklamasie van die wetgewing is gister in die Staatskoerant gepubliseer en sal van 31 Januarie af van krag wees. Van der Walt sê DNS bly die doeltreffendste misdaadbekampingsinstrument.