Ugab-olifante ‘n olifantversie ryker

Woestynaangepaste olifante in die Ugabrivier het gister ‘n nuwe olifantkalfie ryker geword. Die olifantversie word deur Elephant Human Relations Aid, Ehra, gemonitor. Reisigers en wildgidse word versoek in die Ugabrivier word versoek om ‘n afstand vanaf die ma en kalfie te handhaaf, want olifantma’s wat die eerste keer geboorte skenk, kan maklik stres en in sommige gevalle hul kalfies verlaat.