Meer as 700 miljoen kinders het waterskaarste
Sowat 739 miljoen kinders wêreldwyd woon in gebiede waar daar groot tot baie ernstige waterskaarstes is en klimaatsverandering dreig om dit nog erger te maak. Dit is volgens ‘n nuwe verslag met die titel The Climate Changed Child, van die Verenigde Nasies se Internasionale Kindernoodfonds. Die verslag bied ‘n ontleding van drie vlakke van watersekerheid wêreldwyd – waterskaarsheid, water-kwesbaarheid, en waterstres. Die uitvoerende direkteur van Unicef, Catherine Russell, sê ondanks hulle unieke kwesbaarheid, is kinders óf geïgnoreer of tot ‘n groot mate nie in ag geneem in gesprekke oor klimaatsverandering nie.