Meer as 1 000 klagtes by arbeid oor nie-nakoming van werkgewers
Klagtes oor nie-nakoming van werkgewers in die tweede kwartaal het volgens die arbeidsministerie 1 082 bereik waarvan 928 opgelos is en 132 nog ondersoek word. ‘n Geskil is in 22 sake verklaar. In sy verslag sê die ministerie dat die hoofklagtes is wanbetaling van oortyd wat gewerk is, minimumlone soos ooreengekom vir sektore, werk wat op Sondae en openbare vakansiedae gedoen is en nie betaal is nie, sowel as onreëlmatige aftrekkings, siekverlof en wanbetaling van salarisse. Die ministerie sê amper 595 000 Namibiese dollar is van skuldige werknemers in die verband verhaal.