Mededingingskommissie kry klagtes oor vier banke

Die Namibiese Mededingings-kommissie het klagtes van die eiendomswaardasie-bedryf ontvang oor bewerings dat vier handelsbanke se optrede toegangs-versperrings skep vir eksterne waardeerders wat nie deel is van hierdie banke se eiendoms-waardeerders-panele nie. Die kommissie het ‘n klag van ontvang wat beweer dat die vier banke, Bank Windhoek, Eerste Nasionale Bank, Nedbank en Standard Bank, soms van interne waardeerders gebruik maak om beraamde waardes van bates in eiendomstransaksies te bepaal. Daar word egter beweer dat hierdie banke waardasies verontagsaam wat deur eksterne waardeerders gedoen word wat nie deel is van die vier banke se eiendomswaardeerders-panele nie. Dina //Gowases, korporatiewe kommunikasiekundige van die kommissie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…