Maynier: Kaapse skole nie aan die brand gesteek

Die Wes-Kaapse LUR vir onderwys, David Maynier, het bewerings op sosiale media oor skole wat geteiken en aan die brand gesteek word as deel van die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad se staking verwerp. Verskeie leerders en onderwysers kan egter weens die verset-optrede nie skool bywoon nie. Maynier het die publiek verseker hierdie gerugte is vals en het hulle ook aangemoedig om nie onbevestigde inligting op sosiale media te deel nie.