Maxeke-hospitaal behaal ‘n eerste vir Afrika
Die Charlotte Maxeke Akademiese Hospitaal in Johannesburg het die eerste hospitaal in Afrika geword wat ‘n klepvervanging in ‘n aorta uitgevoer het met minimale insnydings en sonder hegtingsteke. Dit is moontlik gemaak deur die hospitaal se Departement vir Kardiotorakale Geneeskunde aan die Wits-universiteit se Mediese Fakulteit. Die woordvoerder van Gauteng se Departement van Gesondheid, Motalatale Mdiba, sê die prosedure behels kleptegnologie wat deur ‘n kateter uitgevoer word.