Markram gesels oor oorwinning

Die Protea-kolwer Aiden Markram sê die oorwinning in die derde eendagwedstryd teen Australië in Potchefstroom is ‘n verligting. Sy onoorwonne honderdtal het bygedra tot Suid-Afrika se oorwinning van 111 lopies wat ook hulle hoop lewend hou ná hulle nederlae in die eerste twee wedstryde van die reeks. Die vierde eendagwedstryd word Vrydag in Pretoria gespeel terwyl die reeks se laaste wedstryd Sondag in Johannesburg plaasvind. Markram sê hulle weet die stryd is nog nie gewonne nie omdat hulle die laaste twee wedstryde ook moet wen: