Man maak deur oop terwyl vliegtuig land

‘n Man is in Suid-Korea in hegtenis geneem nadat hy vandag tydens ‘n vlug die vliegtuig se nooddeur oopgemaak het. Die vliegtuig van die Asiana-lugdiens was besig om by die Daegu-internasionale lughawe te land. Die vliegtuig het veilig geland met die deur wat steeds oop was. ‘n Aantal passasiers moes in ‘n hospitaal opgeneem word om vir asemhalingsprobleme behandel te word. Die polisie ondersoek die voorval.