Sokker: Man United is beste vrouespan  

Sokker: Die drie Engelse spelers Alessia Russo, Keira Walsh en Lauren James was onder die wenners by die eerste vrouesokker-toekennings in Londen. Manchester United se voorspeler Russo is as speler van die jaar aangewys. Walsh, wat by Manchester City was voor sy by Barcelona aangesluit het, het die toekenning as internasionale speler van die jaar verower, terwyl die Chelsea-voorspeler, James, as jong speler van die jaar aangewys is. United is die klub van die jaar. Die voormalige doelskopper van Engeland en Arsenal, Ian Wright, is as vrouesokker se kampvegter van die jaar aangewys.