Mufamadi: De Ruyter het korruptes se name genoem  

President Cyril Ramaphosa se nasionale sekerheids-raadgewer, Sydney Mufamadi, het bevestig die name van ministers wat van korrupsie verdink word, is inderdaad genoem tydens sy vergadering met André de Ruyter. Hy het voor die parlementêre staande komitee oor openbare rekeninge verskyn na Eskom se voormalige uitvoerende hoof beweer het hy is op die hoogte gebring oor bewerings van korrupsie by die kragnutsmaatskappy. Volgens Mufamadi het De Ruyter tydens ʼn vergadering onthul wie die senior politikus is wat vermoedelik betrokke was by korrupte bedrywighede.