Mafia-baas sterf aan kolonkanker
Die Italiaanse Mafia-baas Matteo Messina Denaro, wat skuldig bevind is aan veelvuldige moorde en in Januarie gearresteer is nadat hy 30 jaar op die vlug geslaan het, is aan kanker dood. Messina Denaro, 61, het ten tyde van sy inhegtenisneming aan kanker van die kolon gely. Soos sy toestand die afgelope paar weke vererger het, is hy na ‘n hospitaal oorgeplaas vanaf die maksimum-sekuriteit-tronk in sentraal-Italië waar hy aanvanklik aangehou is. Hy het Vrydag in ‘n koma verval en nooit sy bewussyn herwin nie.