Lula stel China-besoek af oor mediese redes

‘n Woordvoerder van die Chinese ministerie van buitelandse sake sê China wens die Brasiliaanse President Luiz Inacio Lula da Silva ‘n spoedige herstel toe en sal in kommunikasie met die Brasiliaanse regering bly oor sy besoek aan China. Volgens mediaberigte het Lula da Silva besluit om sy besoek aan China uit te stel weens mediese redes. Geen besonderhede is bekend gemaak oor Lula da Silva se toestand nie.