Springbok-vroue se loesing ‘n goeie les vir die span

Die Springbok-Vroue se tussentydse afrigter Louis Koen sê die tien-drieë-teenoor-een-loesing wat hulle gister in Madrid teen Kanada op die lyf geloop het, het die span na die werklikheid teruggebring. Maar hulle is nou meer vasberade as ooit om die gaping tussen hulle en die wêreld se topspanne te verklein. Suid-Afrika, wat 13de op die ranglys is, het in albei helftes vyf drieë afgestaan teen die Kanadese, die wêreld se vierde beste span. Koen sê, as dit nie vir die desperate en dapper verdediging, met tye, van sy span was nie, kon die eindtelling van 66-7 nog erger gewees het:

Die Springbok-Vroue kom Saterdag teen Spanje te staan voordat hulle terugkeer huis toe.