Lughawewerkers in Parys beëindig hul staking

Lughawewerkers in die Franse hoofstad Parys het vandag hulle staking beëindig nadat die bestuur ingestem het tot ‘n salarisverhoging van drie persent. Dit is in ooreenstemming met ‘n soortgelyke ooreenkoms vir die spoorweë vroeër die week. Die staking het gedreig om tot Sondag te duur en sou die besige reisprogram oor die naweek aan die begin van die somervakansie in Frankryk ontwrig het.