Los ons salarisse uit – Walvis munisipale werkers

Die Walvisbaai raadslid vir die belastingbetalers-vereniging op die kusdorp, Ronald Bramwell het raadslede, munisipale werknemers en vakbonde redelik ontstoke gemaak met sy voorstel dat werknemers by die munisipaliteit ‘n 20 persent salarisbesnoeiing moet kry vanaf die maand tot volgende jaar Junie. In sy mening is die salarisstaat van die munisipaliteit te hoog, op 57 persent van totale begroting. Hy het ook gesê inwoners kry baie swaar en dit sal solidariteit met hulle toon. ‘n Verteenwoordiger van die werkers Aser Tjikuniva sê hulle is nie gekonsulteer in die verband nie maar sal so stap in elk geval ten sterkste teenstaan. Plaaslike media berig ook dat verskeie werknemers by die munisipaliteit sê dat daar nie aan hulle salarisse geraak sal word nie en hulle voeg by dat hulle reeds twee jaar geen verhoging ontvang het nie.