Inentings: verpleërs sê hulle is proefkonyne

Gesondheidsberoepslui in Suid-Afrika kla dat hulle as proefkonyne gebruik word. Dit volg na die aankondiging dat hulle nou die Johnson en Johnson-versterkerdosis kan kry. Die werkers sê die regering plaas hulle voortdurend voor in die ry vir nuwe proefnemings met entstof. Die Young Nurses Indaba Trade Union sê ook die verspreiding is ietwat dubbelsinnig. Woordvoerder Lerato Mthunzi sê daar is baie geheimsinnigheid rondom die toediening van die versterkerdosis.