3 800ha reeds bekom vir Neckartal-groenskema

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein, sê 3 800 hektaar van die grond vir die groenskema by die Neckartaldam is reeds bekom. Die besproeiingsprojek vorm deel van die tweede fase van die reuse dam, die grootste in die land met drie keer die kapasiteit van Hardap, op 857 miljoen kubieke meter water. Die regering het onder kritiek deurgeloop na die dam voltooi is teen ‘n koste van 5,7 miljard Namibiese dollar, en toe vol geloop het in die vorige reënseisoen met geen besproeiingsaanleg wat aangekoop is nie. Schlettwein sê ‘n vatbaarheidstudie is reeds voltooi en dadels, druiwe, lusern, grane en groente sal verbou word. Vennootskappe word op die oomblik ondersoek vir die ontwikkeling van die landbouprojekte en die ministerie van finansies is besig om die nodige dokumentasie daarvoor in plek te kry.