Lewer kommentaar op nuwe egskeidingswette

Die Namibiese justisieministerie het ‘n beroep op die publiek gedoen om hul insette oor die egskeidingswetsontwerp te gee wat in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê sal word. Die wetsontwerp wil die egskeidingswette van Namibië hervorm wat nie meer die waardes van Namibiërs weerspieël nie. Alle kommentaar moet die ministerie voor 4 April bereik. Die skakelbeampte van die ministerie, Simon Idipo, vertel hoe die publiek hulle insette kan lewer.