Leinster se afrigter gesels oor balanseertoertjie

Die Ierse bulspan, Leinster, speel die volgende twee naweke twee uitklopwedstryde in streekskompetisies. Hulle speel Saterdag in Dublin teen die Franse span, Toulouse, in die halfeindstryd van die Kampioenebeker, terwyl die verdedigende kampioen, La Rochelle, ook van Frankryk, Sondag in Bordeaux teen die Engelse span Exeter te staan kom. Leinster pak dan volgende naweek die Haaie tuis in die kwarteindronde van die Verenigde Rugbykampioenskap. Leinster se afrigter, Leo Cullen, erken dis ‘n ingewikkelde balanseertoertjie: