Leerders in Kaapstad gekaap

Die Stad Kaapstad se wetstoepassers het bevestig dat ‘n voertuig met 17 leerders op die N2 in die rigting van Kaapstad gekaap is. Beamptes is ontplooi in reaksie op die gekaapte voertuig en gewapende verdagtes. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê toe hulle naderkom, het hulle gesien dat die verdagtes skoolkinders aflaai.