Amerikaanse reisverbod op Esau, Shangala

Die Amerikaanse ambassade in Namibië het vandag die openbare aanwysing van die voormalige Namibiese ministers Bernhardt Esau en Sakeus Shanghala aangekondig weens hul betrokkenheid by beduidende korrupsie. Die Amerikaanse ambassade sê in hul amptelike hoedanigheid as ministers was hulle betrokke by korrupte dade en dat daar ‘n reisverbod na Amerika op die twee Fishrot-beskuldigdes geplaas is. Walter Parrs, woordvoerder van die Amerikaanse ambassade in Namibië, verduidelik.

Die Amerikaanse ambassade het ook bevestig dat Esau en Shangala se naaste familie, ook nie na die VSA mag reis nie.