Onderwysvakbond: Ministerie onsensitief teenoor onderwyseres

Die Namibiese onderwysminister, Anna Nghipondoka, het onderwysers gemaan om Covid-maatreëls streng te volg emt al hoe meer onderwysers wat positief vir die virus toets. Sy het gesê om meer as tien onderwysers aan die dood af te staan, is pynlik. Die onderwysminister het ook gesê daar is ‘n wanpersepsie dat leerlinge die virus na skole bring, maar sy meen dit is eerder onderwysers wat vanuit die gemeenskappe besmet word. Die verteenwoordiger van die Namibiese onderwysersvakbond, Mahongoro Kavihuha, meen die ministerie is nie sensitief teenoor onderwysers nie.