Landboukenner gee redes vir daling in veeslagtings
‘n Namibiese landboukenner gee die twee hoofredes waarom plaaslike veeslagtings op ‘n afwaartse neiging sedert April 2022 bly, met beesslagting wat met 23,8 persent op ‘n jaargrondslag afgeneem het. Die slagting van skape het met 14 persent in September 2022 afgeneem, dié van bokke met 96 persent en varke met 2,9 persent. Wallie Roux deel sy mening met Kosmos 94.11 Nuus.