Landbouers, boere verdien nie EFF-haatspraak nie

Die Wes-Kaapse LUR van Landbou, Ivan Meyer, sê boere en landbouwerkers verdien nie die vieslike sentimente wat in die liedjie Kill the Farmer, Kill the Boer uitgespreek word nie. Die EFF-leier, Julius Malema, is skerp gekritiseer omdat hy die liedjie gesing het tydens die party se tiende bestaansjaarvieringe die afgelope naweek. Die Gelykheidshof in Johannesburg het in Augustus verlede jaar beslis dat die lied nie haatspraak of aanhitsing was nie. Meyer sê boere en landbouwerkers moet beskerm word: