Krim-brug: Oekraïne se teenoffensief begin werk, meen kennerJuly 17, 2023

Die belangrike Krim-brug wat die geannekseerde skiereiland met Rusland verbind, is vanoggend in die vroeë oggendure deur twee lugaanvalle getref. Twee mense, ‘n ma en pa, is in die aanval dood en hulle dogter is beseer. Die woordvoerder van Oekraïne se suidelike militêre beheersentrum, Natalia Humeniuk, sê die voorval is moontlik uitlokking deur Moskou. Dit kom te midde van ‘n langverwagte teenaanval deur Oekraïnse magte om gebiede in die suide en ooste van Kiëf weer terug te wen. Die Kerch-brug dien as noodsaaklike logistieke punt vir Russiese magte in die oorlog teen Oekraïne. Die voorsitter van die Britse gekose komitee op verdediging Tobias Elwood sê die teenoffensief deur die Oekraïnse weermag begin werk.