Kora-miljoene: Saak staan stil
Die sage oor die vermiste 23,5 miljoen Namibiese dollar vir die Kora-toekennings duur voort. Volgens die dagblad The Namibian, is die saak lamgelê na die Namibiese Toerismeraad in die hoërhof ‘n oorwinning beklink het, en Mundial Telecom van Ernest Adjovi homself aan die hooggeregshof gewend het om te appelleer. Geen party het tot dusver enige stappe geneem om die proses te versnel nie. Intussen adverteer die Kora Awards op sy sosiale media dat daar weer toekennings in 2024 gehou sal word. Die Namibiese Toerismeraad het ‘n ooreenkoms met Adjovi se Mundial Telecom aangegaan om die toekennings op 13 Desember 2015 in Namibië te hou wat uitgeskuif is na 20 Maart 2016 en toe nooit plaasgevind nie. Intussen het die toerismeraad 23,5 miljoen dollar betaal om promosie vir die land as toeristebestemming toe doen in aanloop tot die toekennings. Toerismeminister Pohamba Shifeta het blykbaar verlede jaar gesê al moet Interpol gebruik word, Adjovi sal opgespoor word.