Koperdiefstal kniehalter Cenored

Cenored gaan ook, nes oral in die Suider-Afrikaanse streek, gebuk onder herhaalde gevalle van koperdiefstal. Volgens die kragvoorsiener vind baie van die diefstal na aan woonbuurte plaas en dus moet iemand dit waarneem, maar dit word nie aangemeld nie. Charlie Matengu, Cenored se woordvoerder sê die misdaad neem toe en dit maak dit moeiliker, en duurder, om krag te voorsien.