Gesin gered, 129 uur na aardbewing in Turkye

Vyf lede van dieselfde gesin is lewend gered uit die puin van hulle huis in Turkye – 129 uur na die katastrofiese 7,8 sterkte aardbewing wat die land en Sirië getref het. Meer as 28 000 mense is reeds in die ramp dood. Internasionale media haal ‘n VN-leier aan wat maan die aantal sterftes sal waarskynlik verdubbel. Minstens 80 000 mense is beseer en miljoene is haweloos. Die gesin is gered in die dorp Nurdagi.