Pukke die brandpunt van ‘n nuwe rasseherrie

AfriForum Jeug eis antwoorde van die bestuur van die Universiteit van Noordwes oor die beweerde uitsluiting van dorps-koshuisbewoners van die jaarlikse kampus-verwelkomingsplegtigheid. Dit het gelei tot ‘n opstand onder studente oor rasse-uitsluiting. Die woordvoerder van AfriForum Jeug, René van der Vyver, sê die feit dat die mense in die dorpskoshuise gevra is om die geleentheid op ‘n virtuele uitsending dop te hou is skokkend: