Goeie beleggings in mynwese, verhoging in tantieme dalk ‘n uitdaging

Die Namibiese Kamer van Mynwese sê eksplorasie in die bedryf het die 1,3 miljard Namibiese dollar kerf in 2022 verbygesteek. Volgens die kamer, is die uitgawes aangedryf deur eksplorasie deur Andrada Mining by Uis en Osino Resources se Twin Hills-projek. Uraanprojekte het ook gevorder en die soektog na minerale, soos litium duur voort. Terwyl daar groot opgewondenheid en baie belangstelling is in plaaslike mynwese, is daar kommer oor die moontlike verhoging in tantieme van 5 persent tot 10 persent. Mynwese en veral diamante het tot dusver die ekonomiese groei in die land baie goed ondersteun en aangedryf.