Zuma konsulteer (weer) na appèlhof hom weier

Die Jacob Zuma-stigting sê die oudpresident gaan sy regspan raadpleeg nadat sy appèlaansoek misluk het. Die Appèlhof in Bloemfontein het beslis teen sy vier pogings om sy korrupsie-verhoor uit te daag. Die hof het onder meer besluit Billy Downer mag Zuma steeds aankla. Die verhoordatum is vir 11 April neergelê. Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales staan tereg vir die omstrede wapentransaksies van die laat 1990’s.