Kleinskaalse boere noord van Etosha benut tegnologie om konflik te vermy

Tydens die verbouing en oes van gewasse neem mens-dier-konflik in Namibië, veral met olifante, toe. Boere in die Oshikoto-streek, noord van die Etosha Nasionale Park, hoop dat hulle nie vanjaar probleme met olifante gaan ondervind nie, omdat Etosha goeie reënval gehad het. Hulle sê daar is genoeg water in die park en dit is nie nodig vir olifante om Etosha te verlaat op soek na water nie. Ileni Nandjato, ‘n boer in die Oshikoto-streek sê deesdae gebruik boere tegnologie om mens-dier-konflik te takel.